aangevuur deur Valegro Pty Ltd

Tuisblad
Welkom by die Buidelpos voorblad
‘n Plek in die Son
Thursday, 06 December 2007

Die onderste punt van Yorke Peninsula steek soos ‘n toon van ‘n voet  in die Suidelike Oseaan.  Die toon is egter deel van ‘n “voet” en ‘n veel groter “kuit” wat Adelaide se kus en die Golf St Vincent beskerm teen die groter effek van die oop oseaan. Skaars 4 ure se ry van die stad is hierdie skiereiland bekend vir sy koringlande  en viswaters maar die kus tussen die dorpie Ardrossan, Stansbury en Edithburgh, geleë op die “hak”, en die “toon” van die skiereiland bied ook ontontdekte vakansieplekke.

 
Read more...
 
'n Dagboek uit Adelaide
Thursday, 01 November 2007

Ons het onlangs weer droe wors gemaak en sien uit na die dag as dit droog genoeg is om te eet. Ja, die wors is heerlik en boonop tuisgemaak.

Read more...
 
RSA grondkwessie 'n tydbom
Wednesday, 21 November 2007

Vertaal van oorspronklike artikel deur Fran Blandy, Muldersdrift, Suid-Afrika 

Mail & Guardian, Johannesburg, Suid-Afrika

19 November 2007

Vir meer as ‘n dekade is Molefi Selibo van Pontius na Pilatus deur die Suid-Afrikaanse owerhede gestuur in ‘n vrugtelose soeke om ‘n stuk grond vir sy familie te besit.

"Grond is vir ons ‘n baie belangrike saak.  Daar is ‘n honger vir grond in Suid-Afrika," sê Selibo terwyl hy uitkyk oor die golwende groen heuwels van Muldersdrift wat hy steeds hoop om eendag in ‘n florerende dorpie te omskep.

"Dit is baie, baie, baie frustrerend.  Dit is meer as 10 jare.  Mense raak ontnugter, hulle begin bevraagteken of hierdie ding vordering maak," sê Selibo, terwyl hy die grond sien wat braak lê.

Sy frustrasie is aanduidend van ‘n groter gevoel van ontnugtering oor die pas van grondhervorming in na-apartheid Suid-Afrika

Dertien jare na die einde van wit regering waarsku die Wêreldbank die kwessie van grondeienaarskap, wat alreeds ‘n giftige gevolg oorkant die grens in Zimbabwe gehad het, is ‘n "tydbom" wat kan opblaas as dit nie ontlont word nie.


Read more...
 
Waar's bekende eetgoed
Saturday, 21 July 2007
Hiermee 'n lys van enkele verskaffers in Adelaide wat Suid Afrikaanse eetgoed verkoop. Skryf gerus aan die redaksie en vertel vir ons waar nog ander ou bekendes hulle hier in Australië bevind.
Read more...
 
Adelaide ‘n top 5 leefstad ter wêreld
Wednesday, 17 October 2007
Adelaide verteenwoordig alles wat jy begeer in ‘n plek om in te leef en te investeer. Na ‘n agt maande lange opname in 98 stede dwarsoor die wêreld, het toonaangewende internasionale besigheisadvies firma KPMG bevind Adelaide is . . .

feit Nr.1 mees kompeterende stad vir besigheid in Australië

feit Nr.3 ter wêreld uit 25 stede in sy bevolkingkategorie (500,000 - 1.5 miljoen)

feit Nr.3 mees kompeterende stad ter wêreld in sleutel nywerhede soos motors, metale, voedselverwerking en IT

feit Nr.10 mees kompeterende besigheid stad ter wêreld Adelaide is ook bevind as a die vyfde mees leefbare stad ter wêreld deur die Economist Intelligence Unit's Liveability Survey in 2005.
Read more...
 
Dokters in Suid Oz
Saturday, 21 July 2007
Bron: Medical Board SA

Die aanvraag na algemene praktisyns, wat ook Afrikaans magtig is, word groter namate Afrikaansspekendes in Suid-Australië vestig.  Weens wetlike beperkings op dokters om hulle dienste te adverteer, word hierdie dokters  normaalweg deur middel van vriende en kennisse opgespoor.  Om die proses te vergemaklik het Buidelpos  ‘n lys van algemene praktisyns in Suid-Australie gemaak wie Afrikaans magtig is:
Read more...
 
“Savvy" Saterdae
Saturday, 21 July 2007
“SAVVY” SATERDAE IN HAHNDORF WYNKELDER                                             

Sauvignon Blanc – die kenmerkende druif van die Adelaide Hills – word elke Saterdag in die kollig geplaas in historiese Hahndorf . 


Op Saterdagoggende dwarsdeur die jaar, hou Hahndorf Hill Winery sy “Sauvignon Blanc Sessie” – ‘n 30-minuut “ontdekkingsreis” waartydens deelnemers die geheime van Sauvignon Blanc op ‘n  aangename en leersame wyse ontdek.

Read more...
 

Events Calendar

« < November 2008 > »
S M T W T F S
26 27 28 29 30 31 1
2 3 4 5 6 7 8
9 10 11 12 13 14 15
16 17 18 19 20 21 22
23 24 25 26 27 28 29
30 1 2 3 4 5 6

Wie's teenwoordig

Opnames

Gunsteling SA Tydskrif?
 

© Valegro Pty Ltd 2006, ABN 64 077 822 434